Ons weet wat ons weet
Laerskool Eligwa se jong maats geniet dit om musiek te luister, maar hou hulle van Afrikaanse musiek en spesifiek Hop Hop Spinnekop?

Markus Erasmus Ek luister Afrikaans. My gunsteling is Stoutgat (Jay). Mens kan net op twee liedjies per dag dans, anders raak jou bene moeg.

Mieke Reynierse My gunsteling is Snotkop. My pa luister baie musiek. Ek hou net ‘n klein bietjie van Hop Hop Spinnekop, maar hulle speel dit te veel.

Jay-Cee Grobler Ek luister Afrikaans. Ek hou baie van Ek hou van kaas bra. Ek hou nie van Hop Hop Spinnekop nie.

Chanté Blignaut Ek hou van Hop Hop Spinnekop en kan daarop dans ook. Ek luister Engelse liedjies, maar ek het nou die naam vergeet.

Jancemé Strydom Ek hou nie so baie van Afrikaanse musiek nie. Ek hou baie van Engels. My gunsteling liedjie is Shine bright like a diamond (Rihanna).

Rayn van Zyl Ons luister Afrikaanse musiek. Ek weet nie die mense se sangers nie. Ons was mos die vakansie oorsee by my nefie en toe het ons liedjies geluister en gedans.
