Local newsNews

D.F. trio sien uit na internasionale danskompetisie

Voorspoed aan die drie jong dansers van Laerskool D.F Malherbe. Lees meer...

VANDERBIJLPARK – Drie leerders van Laerskool D.F. Malherbe gaan vanaf 24 – 28 Februarie aan die DTMA Galaxy of the Ocean International kompetisie deelneem.

Dit vind op die MSC Musica plaas en die drie is baie opgewonde om aan die kompetisie deel te neem met hul gesinne aan boord.

Dis ‘n internasionale danskompetisie waarvoor Milané Venter, Mieke Lubbe en Zanté Visser gekwalifiseer het.

Milané en Zanté is in graad 3 en Mieke in graad 4. Die drie dans al vandat hul drie en vier jaar oud is en geniet dit baie.

Alhoewel hulle by hul dansskool, Just Dance Studio, aan solo’s en duette ook deelneem, dans hulle vir die kompetisie saam. Hulle gaan onder andere ‘n kontemporêre en ‘n Jazz dans doen.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button