Local newsNews

Mieke (5) se viervoet-bewonderaar

Mieke Prinsloo (5) se nier word vandag verwyder. 'n Spesiale viervoet vriend het vir haar 'n boodskap. Lees meer...

VANDERBIJLPARK – Die groot dag het uiteindelik aangebreek. Mieke Prinsloo (5) se nier word 7 Februarie verwyder. Die afgelope week het sy nog bloedtoetse ondergaan om seker te maak alles is in orde vir die operasie.

Op Facebook het ondersteuning van gebed en denke ingestroom. Lusinda Underhay het egter op Messenger laat weet dat Mieke nog ‘n bewonderaar het.

Ncheve. Foto Lusinda Underhay

Ncheve, ‘n drie-jarige skaaphond. Soos Mieke het hy van sy jong hondjie dae af met blaasprobleme gesukkel en is daar mettertyd gevind dat hy ‘n abnormale nier het.

Die nier is geblok en funksioneer nie meer nie. Aangesien so ‘n operasie baie duur is het Lusinda-hulle besluit om nie die nier te verwyder nie, synde dit nou nie meer probleme gee nie.

“Ek het maar net gedink dat jy dalk vir Mieke kan aanstuur dat daar ‘n hondjie is wat net so spesiaal is as wat sy is. Ek gaan definitief ‘n donasie gee, ek moes ook geld insamel om die nier te probeer red maar toe werk die operasie nie.

“Dalk sit Ncheve se storie ‘n glimlag op Mieke se gesiggie,” het Lusinda laat weet. “Ons hoop Mieke se operasie gaan suksesvol wees. Groete van Ncheve af.”

Die mediese fonds dek nie al die onkostes rondom Mieke se operasie nie. Om ekstra kostes te dek het haar ouers ‘n Back-a-Buddy rekening op Facebook begin. Enige donasies kan deur https:// www.backabuddy.co.za/campaign/miekeprinsloo gedoen word of direk in ‘n spesiale spaarrekening inbetaal word.

Rekening besonderhede: Naam: Ilse Prinsloo Bank: Capitec Rekeningnommer: 2170661065 Verwysing: Mieke

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button