Local newsNews

Net vir die pret – Bikers op ‘n Poker Run

SOSIAAL - Bikers van oral oor het 1 Februarie die lang pad kuier-kuier aangevat en dit baie geniet. Lees meer...

VANDERBIJLPARK – Dit is een van die hoogtepunte op plaaslike motorfietsklubs se kalenders. Die Poker Run.

Nee, daar word nie regtig kaart gespeel nie, wel ver op motorfietse gery. Die dag word al sedert 1987 deur die Centurions MC Vaal gereël en trek jaarliks meer as 150 motorfietse van verskeie klubs.

Wild Hogs Vereeniging maak gereed om die pad te vat. Van links is Manne Hatem, Charles van der Merwe, Yolandi van der Merwe, First Lady Cecilia, Charlene Smit en President Baksteen.

Die manne en dames met hul ysterperde het van vroegdag by die Centurions se klubgronde bymekaargekom. Hier het elkeen hul eerste toegeplakte koevert gekry met ‘n speelkaart en ‘n aanduiding van hul eerste stop.

By 10:00 se koers het die motorfietse begin om die lang pad aan te durf. Hul eerste stop was in Fochville waar hul nog ‘n koevert gekry het en gehoor het dat hul volgende bestemming in Loch Vaal was.

Wingmates Vaal is reg vir aksie. Van links is Tiaan Stassen, Bianca en President Johan van Zyl, Michael Mulder en Eddie Purser.

Daarna is daar nog in Sasolburg en in Vanderbijlpark aangedoen. Almal moes weer teen 16:00 Centurions wees waar hul koeverte oopgemaak is en die een met die beste Pokerhand ‘n naweek vir twee in Clarens gewen het.

Doreen Dreyer en Johan Kotze van Leader of the Pack het verkies om na DJ Ben te luister terwyl die ander die lang pad aangedurf het.

Hierdie jaar se wenner was André Swanepoel. Hooforganiseerder van die 2025 Poker Run, Lorin Blake-Zwarts, sê almal het die dag baie geniet en dat hul saam met die wegbreek naweek sommer baie ander pryse gehad het wat die middag uitgedeel is.

DJ Ben het die musiek verskaf en die dag is op ‘n hoë noot afgesluit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button