Local newsNews

Orion Voortrekkers is reg vir 2025

Die Orion Kommando het hul jaar ingewy met speletjies en 'n piekniek. Lees meer...

VANDERBIJLPARK – Vir die penkoppe en drawwertjies van die Orion Voortrekkerkommando het die jaar eers behoorlik vlamgevat as hul hul eerste Voortrekkeraand gehad het.

Op 3 Februarie het hul vir die eerste keer die jaar by Derde Kruis Gemeente in Vanderbijlpark vergader.

Renée en Hanno Hattingh geniet die Orion Voortrekkers se piekniek.

Elke jaar dink die offisiere aan nuwe maniere om die Voortrekkerjaar in te wy. Die jaar is dit begin met speletjies, ‘n piekniek en baie pret.

Terwyl die ouers meer geleer het oor die struktuur van die organisasie het die kinders buite baljaar. Andries Visagie het laat weet die aand was ‘n sukses.

Penkop Luan van Schalkwyk is hierdie jaar in graad 2.

 

“Klein en groot het piekniek gehou op die gras, party van die graad sewes selfs in ‘n boom! Almal kon smul aan vetkoek en maalvleis en daar was yslollies as nagereg.”

“Die Voortrekkers verwelkom kinders van graad 1 tot 12 en volwassenes kan ook op verskeie maniere betrokke raak.

“Die Orion Voortrekkers vergader elke Maandag om 18:00 in die kerksaal van Derde Kruis Gemeente. Kontak ons gerus by orionvoortrekkers@ gmail.com, of besoek https://voortrekkers.co.za vir meer inligting,” sê Andries.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button