Local newsNewsNews

Sukses: Wonderfontein-ontwikkeling stopgesit

SASOLBURG - Die Wonderfontein-ontwikkeling, wat tussen Sasolburg en Vanderbijlpark sou plaasvind, is nou amptelik stopgesit. 

Die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit het dié nuus in ’n skrywe aan AfriForum bevestig.

Dít volg ná AfriForum die Metsimaholo-munisipaliteit en die Departement van Menslike Nedersettings voor die hof gedaag het oor die ontwikkeling wat onwettig plaasgevind het.

Dié skrywe het ook ’n brief van die Departement van Menslike Nedersettings bevat waarin die munisipaliteit beveel word om die ontwikkeling onmiddellik te staak totdat uitstaande nakomings maatreëls, soos vereis deur die tribunaal, nagekom word.

Die departement sê ook dat die werk wat nou daar plaasvind ten doel het om die gebied te beveilig.

Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se streekshoof vir die sentraalstreek, is AfriForum bly oor die oorwinning wat nie net ten gunste van die gemeenskap is nie, maar ook die omgewing.

“Die ontwikkeling sou ’n reusenegatiewe impak op die omgewing sowel as die veiligheid van die gemeenskap gehad het. Ek is bly ons kon dit verhoed en sal in die toekoms weer toetree indien die munisipaliteit besluit om roekeloos te begin ontwikkel.”

AfriForum en ander rolspelers uit die gemeenskap is al sedert Augustus verlede jaar besig om hierdie onwettige ontwikkeling teen te staan.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button