Boere-orkeste gaan voete laat jeuk
VANDERBIJLPARK - Groot pret wink op die horison vir Valies. Dagboek vroegtydig vir 'n naweek vol vermaak wanneer die tweede Rocking the Vaal op 28 en 29 Maart plaasvind.
Die eerste pret van die fees, wat deur die GTCoC (Goue Driehoek Sakekamer) in samewerking met verskeie ander rolspelers en borge aangebied word skop die Vrydag met twee geleenthede af.
Daar sal by Die Ankerskool gepoog word om ‘n Guiness Wêreldrekord vir die meeste mense wat op een slag brood breek op te stel.
Die ander geleentheid vind by die Emerald Resort & Casino se arena plaas waar Boere-orkes vir die vermaak gaan sorg.
Dit begin om 18:00 en toegang beloop R55 per persoon.
Die Boere-orkeste wat gaan optree sluit in:
Montana Boere-orkes
Kleilatte-orkes
Vaaldriehoek-dansorkes
4#Sharps
Kontak Benna by 062 275 0026 vir kaartjies en meer inligting.

Die musikale manne van die Montana Boere-orkes wat op 28 Maart by die Emerald Resort & Casino optree.
