Local newsNews

Rotariërs se Jeug Uitruilprogram ‘n lekker leerskool vir jonges

Voornemende, voormalige en huidige Rotariër uitruilstudente het onlangs in Vanderbijlpark ontmoet. Lees meer...

VANDERBIJLPARK – Die Rotariërs se Jeug Uitruilprogram bied al vir amper ‘n 100 jaar die geleentheid aan jongmense om ander kulture en lande te verken.

Vanuit die Vaaldriehoek het daar al baie studente op korttermyn (6 – 8 weke) en langtermyn (een jaar) besoeke na onder meer Alaska, Frankryk en Italië onderneem.

Jamey-Lee Coetzee en Maritza Barnard by die bekendstellingsaand. Jamey-Lee oorweeg dit om Frankryk toe te gaan.

Elke jaar huisves ouers in die Vaal dan ook studente van ander lande. Vir studente wat ‘n jaar deel word van die program beteken dit dat hul ‘n ander taal en kultuur leer en selfs in die vreemde skool gaan.

Lise Mirabel van Frankryk woon tans by die Odendaals van Vanderbijlpark en gaan skool by Hoërskool Transvalia. Sy sê na amper ses maande begin sy al Afrikaans verstaan en haar SA-ma Riëtte sê Lise bederf hul gereeld met lekker Franse disse.

Riëtte Odendaal saam met Lise Mirabel van Frankryk.

Onlangs het die Rotariër Klub van Vanderbijlpark voormalige, huidige en voornemende studente by Stonehaven on Vaal bymekaargetrek vir ‘n aand van stories uitruil, lekker lag en nuwelinge inspireer om die groot tree die onbekende in te neem.

Meer inligting oor die Jeug Uitruilprogram is beskikbaar by www.rotary.org of kontak Zander Lintvelt by 067 054 7146.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button