Local newsNewsNews

Internasionale erkenning vir plaaslike fotoklub

VANDERBIJLPARK - Lede van die Vanderbijpark Fotografiese Vereniging het onlangs aan FIAP (International Federation of Photographic Art) se jaarlikse kompetisie deelgeneem en spog met skitterende resultate.

Die 19de FIAP World Cup for Clubs se uitslae is onlangs bekend gemaak en die Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging is as die wenklub in Suid-Afrika aangewys, en het die algehele 43ste plek uit 293 klubs wêreldwyd geëindig.

Die klub kon elk 20 fotos (slegs 2 fotos per fotograaf) inskryf. Hierdie fotos is deur ‘n Europese beoordelaarspaneel beoordeel en punte is toegeken.

Van die klublede wat met die beste foto’s spog na afloop van die uitslae is:

Early Rays deur Henk Scheepers

Mik vir die sandpatrys deur Mietsie Visser

Splash deur Suzy Louw

Playing with dinner deur Chanel Enslin

Die Vanderbijlpark Fotografiese Vereniging kom maandeliks op die derde Vrydag van die maand by die Vaaldriehoekkampus van die Noord-Wes Universiteit in Vanderbijlpark byeen.

Belangstellendes kan Johan Brits kontak by 082 718 8394 of tsawa@yebo.co.za

“Splash” deur Suzy Louw.
“Early Rays” deur Henk Scheepers.
“Playing with dinner” deur Chanel Enslin.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button