Griekeland wink vir jong skaakkampioen
As 'n man in Griekeland wil gaan skaak speel, dan bedink jy planne om geld in te samel. Vra maar vir Jayden Viljoen (8). Lees meer...
VANDERBIJLPARK – Jayden Viljoen (8) weet hoe om strategies te dink, planne te beraam en probleme te beredeneer.
Die dat hy onlangs sy skaakafrigter gevra het of hy wat Jayden is maar kan skaaklesse aanbied vir graad R’e.

Jayden is op ‘n missie om geld in te samel want hy het verlede week gehoor hy is gekies om Suid-Afrika in die o10 afdeling van die Wêreld Jeug Skaak Kampioenskappe in Griekeland te gaan verteenwoordig.
Sy ouer boetie, Tyron en jonger sussie Ienicke het intussen besluit hulle sal lekkergoedpakkies onder die bure verkoop, want hulle reken hulle moet saamgaan vir morele ondersteuning.
Dit was hoeka Tyron wat sy kleinboet leer skaak speel het. Jayden was toe maar drie jaar oud. Jayden het verlede jaar aan toernooie begin deelneem en geniet die kompetisies baie.

Sy skaaktalent het hy van sy pa geërf wat self ‘n kranige speler is. Al drie die jong Viljoens spog met Tshwane en Gauteng Noord kleure in skaak.
Alhoewel die gesin tans in Pretoria woon, lê hul wortels diep in die Vaaldriehoek. Jayden het beslis sy kompeterende geaardheid en deursettingsvermoë van sy ma se kant van die familie geëerf.
Sy ooms is nie verniet die beroemde boksers Donjuan en Chris van Heerden nie. Jayden se ma, Bianca, sê hulle is baie trots op Jayden wat op so ‘n jong ouderdom SA kan verteenwoordig.
Omdat hy net agt jaar oud is moet hulle hom vergesel. Die kampioenskap vind vanaf 12 – 18 April plaas.
Indien iemand kan help met donasies om Jayden te help om in Griekeland te kan gaan meeding, besoek https://www.backabuddy. co.za/campaign/helpfund-chess-dream.
