Local newsNews

Wie is lus vir Aksie Krieket met ‘n kinkel?

Oefen solank jou spiere (veral jou lagspiere) en kom geniet 'n dag van aangepaste aksie krieket saam met MS Hoop.

SASOLBURG – Waar die manne en vroue van MS Hoop is gebeur daar altyd iets. Die Veelvuldige Sklerose (MS) lyers vat elke dag met oorgawe aan en laat hul nie deur enige iets, alles behalwe die gevreesde siekte, onderkry nie.

Die afgelope paar jaar het hul al marathons aangedurf, in die middel van die winter gaan swem en Tafelberg uitgeklim.

Rozaan Steyn en haar mede-MS Warriors se eerste groot projek vir die jaar vind plaas Saterdag, 8 Maart. Hulle beplan ‘n Aksie Krieket oggend by Noord Primêre Skool in Sasolburg.

Die eerste wedstryde begin om 09:00. Dit gaan Aksie Krieket wees soos nog nooit vantevore gesien nie. Met net ses spelers aan ‘n kant, ‘n tennisbal om mee te boul en die MS-lyers wat tennisrakette gaan gebruik in plaas van swaar kolwe, word daar baie pret voorspel.

Wedstryde gaan ook korter wees sodat soveel as moontlik spanne kans kan kry om te speel. Daar sal pannekoek, koeldrank en water te koop wees.

“Kom geniet die dag en deel in die pret en plesier,” het Rozaan laat weet. “Maak nader kennis met die MS-Warriors. Word deel van hul lief en leed, hul brawe stryd en die laagtepunte wat saam met die siekte gaan.

“Almal het soms ‘n drukkie nodig of ‘n oor om te luister. Min mense verstaan MS, maar deur die Warriors te leer ken, kan ons bewusmaking skep en daar wees vir elkeen,” het medeorganiseerder van die dag, Martin Graham bevestig.

Vir meer inligting kontak Rozaan by 060 500 2094 of Martin by 068 331 3270.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button