Bon Voyage. Die Vaaldriehoek hou duimvas
Vaalweekblad wens die jong dansers voorspoed toe met die kompetisie en die reis.
VANDERBIJPARK – Dit was lank wag en baie oefen, maar die groot datum is uiteindelik hier.
Die Just Dance Studio se dansers neem vanaf 24 – 28 Februarie aan die DTMA Galaxy of the Ocean International kompetisie deel.

Dis altyd besonders om jou land te kan verteenwoordig, maar nog meer so as jy dit op ‘n groot boot kan doen. Die kompetisie vind op die MSC Musica plaas en die deelnemers is super opgewonde.
Hulle vertrek vanuit Durban en die boot vaar tot by die eiland Pomene en terug. Saterdagoggend is hul repetisies onderbreek, toe Just Dance Studio se eienaar, Leandi Goosen almal se amptelike kompetisiesakke en T-hemde uitgedeel het.

“Dit voel soos Kersfees”, “sjoe, dis ‘n groot sak ek sal hier kan inpas,” was van die opgewonde kommentaar. Daarna het hulle met nuwe ywer weer die onderskeie groepsdanse onderneem.
