Local newsNews

Meer as ses dekades later

Veels geluk op die eerste ses dekades, mag daar nog vele wees.

VANDERBIJLPARK – Die Hirst-egpaar vier in Junie vanjaar hul 61ste huweliksherdenking. Desjare gelede is hul in Parys in die huwelik bevestig.

In 1972 het hul egter Vanderbijlpark toe verhuis. Dis hier waar albei die meeste van hul grootword jare spandeer het. Die egpaar is vandag nog lidmate van die NG Moedergemeente in Vanderbijlpark.

Oom John word hierdie jaar 82, maar het eers op 74 amptelik ophou werk. Sy werk as kontrakteur het hom dwarsoor die land en soms selfs buite Suid-Afrika se grense geneem.

Tannie Elsa het die huis aan die gang gehou. Saam het hul drie kinders, sewe kleinkinders en agt agterkleinkinders wie almal gelukkig nog in Suid-Afrika bly.

Oom John erken hy is ‘n groot versamelaar. Daarvan kan sy honderde modelmotortjies, militêre insignia, teddiebere en meer as 4 000 langspeelplate getuig.

Tannie Elsa trek net skouers op oor die versamelings. “Dit veroorsaak nogal baie afstof werk,” sug sy, maar dis duidelik dat sy nie die oom of sy baie versamelstukke sal verruil nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button