Local newsNewsNews

Clive wil homself in rekord-boek in kolf

VANDERBIJLPARK - Terwyl daar op 28 en 29 Maart tydens die tweede Rocking the Vaal Fees gepoog gaan word om drie nuwe Guiness Wêreldrekords op te stel, gaan plaaslike onnie Clive Behr probeer om 'n vierde rekord op te stel.

Clive (26) is ‘n onderwyser aan HTS Carel de Wet en gaan poog om ‘n nuwe rekord: vir die langste krieketoefening aaneen, op te stel.

“Ek speel al krieket vir die afgelope 20 jaar en het in 2012 oor dié wêreldrekord te wete gekom. Ek het toe reeds besluit dat ek dit eendag wil aanpak.

Clive het verlede jaar November al die regte stappe gedoen en amptelik aansoek gedoen om die rekord te verbeter. Hy het in Januarie gehoor dat sy aansoek goedgekeur is.

Clive is gereed vir die groot uitdaging.

“Die rede waarom ek dit wil doen is oor almal altyd vra wat jy agter los as jy nie meer die dag hier is nie. Wel my dogter is in 2022 gebore en moes ‘n groot operasie ondergaan omdat haar slukpyp nie gevorm het nie. Dis toe dat ek besluit het om my nalatenskap mening te gee,” vertel Clive.

Clive gaan dus van 27 Maart tot 29 Maart oefen. Daar sal hulpverleners wees wat hom gaan bystaan, maar Clive sal die enigste een wees wat gaan kolf en oefen.

Hy hoop om die huidige rekord van 50 ure 34 minute 26 sekondes na 60 ure te verbeter.

“Ek daag skole en krieketklubs uit om R500 te betaal vir ‘n uur se boulwerk. Die persoon wat my die meeste uitboul staan ‘n kans om R1 000 te wen,” nooi Clive.

Al die geld wat hierdeur ingesamel word sal aan liefdadigheid geskenk word.

Moet dus nie hierdie rekordpoging misloop nie. Dit sal by die hoofingang van die Emerlad Resort & Casino plaasvind

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button