Local newsNewsNews
So word landbou-passie gevoed
VEREENIGING - Die HS Overvaal se Landbou Bestuurspraktyk-leerders het onlangs 'n leersame uitstappie na Stark Ayres onderneem, waar hulle eerstehands blootgestel is aan gevorderde landboutegnologie en saadontwikkeling.
Tydens die besoek het hulle meer geleer oor plantverbetering, volhoubare boerderymetodes en hoe Stark Ayres se kundigheid bydra tot die landbousektor in Suid-Afrika.
Die interaktiewe sessies het die leerders se insig verdiep en hul passie vir landbou verder aangewakker.
Die skool bedank Stark Ayres vir die waardevolle ervaring en die inspirasie wat hulle die volgende generasie boere gegee het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
