Downsindroom-tiener probeer nou gewig afskud
VANDERBIJLPARK - "Dit gaan goed met Kegan by die huis, hy het goed aangepas en ons gebruik die suurstofmasjien daagliks."
Dit is die nuutste terugvoer van ma Krystle oor Kegan (17) se gesondheid. nadat dié geliefde verlamde Downsindroom-tiener.
Kegan se gesondheid het in Desember 2024 agteruit gegaan en daar was vir sy lewe gevrees. Sy buik het geswel tot drie keer die grote, asook sy bene.
Hy was in pyn en het gesukkel om asem te haal.
Sy ouers het hom in die Charlotte Maxeke Johannesburg Akademiese Hospitaal laat opneem en daar moes hy bly tot laat in Januarie 2025.
Die erge infeksie wat hy onder lede gehad het is behandel, maar het Kegan se longe beskadig en is hy dus van ‘n suurstofmasjien (CPAP – Continuous positive airway pressure) afhanklik.

Kegan het ook skildklierprobleme wat sy gewig beïnvloed. Sy huidige toestand is geklasifiseer as Obesity Hypoventilation Syndrome en Obstructive Sleep Apnea.
Dit beteken dat sy gewig sy longe belemmer en hy sal dus gewig moet verloor.
“Hy is ongelukkig nie baie aktief nie, weens ‘n beseer op sy boud wat ek nog sukkel om gesond te kry,” vertel Krystle.
Sy sorg egter elke dag dat hy sy oefeninge doen en Kegan volg ook nou ‘n strenger diëet.
“Ek wil graag die gemeenskap bedank wat ons emosioneel en finansiëel ondersteun het. Ons waardeer dit opreg”.
Kegan moet Dinsdag weer vlugtig terug hospitaal toe, maar gelukkig net vir ‘n roetine ondersoek.
* Indien daar enigiemand is wat die gesin wil ondersteun of Kegan se lewe so bietjie wil ophelder met enige skenkings of voorstelle kan Krystle by 065 301 3108 gekontak word.