Local newsNewsNews
Kyk wie is die Goue Driehoek Sakekamer se nuwe leier!
VANDERBIJLPARK - Die Goue Driehoek Sakekamer het pas hul nuwe leier aangekondig, en raai net wie is die ystervrou wat die taak gaan verrig.

Vaalweekblad wens mev. Carla de Villliers-Malan geluk met haar verkiesing as president, en sien uit na haar leiding en visie in dié rol.
Net soos ander lede van die sakekamer, glo ons dat haar leierskap tot vooruitgang en sukses vir die sakegemeenskap én die plaaslike gemeenskap sal lei.
Vaalweekblad gaan binnekort by Carla kuier om bietjie meer oor haar as mens, en haar vooruitsigte as president te leer. Hou Vaalweekblad dop.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
