Vaal danser is die beste van die bestes
Die Vaaldriehoek is trots op Just Dance Studio se jong dansers. Lees meer...
VANDERBIJPARK – Die Just Dance Studio se dansers is op ‘n avontuur van ‘n leeftyd.
Hulle het die week (24–28 Februarie) op die MSC Musica spandeer waar hulle aan die DTMA Galaxy of the Ocean International kompetisie deelgeneem het.

Foto: Gerda Bruinette
Die nege jong dansers het op 25 Februarie hul buiging in die kompetisie gemaak en almal het uitstekend gevaar.
Hulle afrigter Leandi Goosen het Woensdagoggend in ‘n stemboodskap laat weet dat almal vir die World Dance 2026 kompetisie gekwalifiseer het wat by Disney World in Florida, VSA gehou gaan word.
Boonop het Mieke Lubbe (10) gehoor dat sy ‘n borgskap losgedans het wat al haar kostes na die VSA sal betaal. Sy is as die beste danser van die kompetisie gekroon.
Leandi sê almal was in trane toe hulle die uitslae hoor. Die volledige uitslae en foto’s sal gepubliseer word wanneer die span weer terug is in Vanderbijlpark.
