SASOLBURG – Wanneer ‘n gemeenskap hande vat is daar bitter min wat hulle nie kan vermag nie.
Die stelling kan sonder vrees vir teenspraak gemaak word aan die lig van wat die gemeenskap in Sasolburg – veral Wyk 16 – vermag.
Die groenstroke in dié dorp langs Van Wouw en Rembrandtstraat word deur steunpilare van die gemeenskap soos mnre. Manie van der Merwe en Andre Slier gesny en onderhou.

Die groen grassnyer-trekkertjies met AfriForum se logos daarop is oral te bespeur. Mnr. Piet de Kok verdien ook ‘n klop op die skouer vir die 33 600m2 gras wat hy langs die R59 in HF Verwoerdweg gesny het. Hy sny ook die Sasolburg begraafplaas se gras.
Benewens hierdie enkelinge is daar ook ander vrywilligers wat koeldrank en kos aandra.

Sonder hierdie ondersteuningsnetwerk kan projekte soos hierdie nie slaag nie.