Local newsNewsNews

Die Vaal ST Crew is ‘gefokus’

VANDERBIJLPARK - As jy die trotse eienaar van 'n Ford Focus ST is, moet jy eenvoudig lid word van die Vaal ST Crew.

Die groep het in Januarie 2024 die lig gesien en spog tans met sowat 40 lede … die een net so trots soos die ander op sy Ford Focus ST.

Nie net kry jy kans om met jou motor te spog nie, daar word ook lekker saam gekuier.

Phillip Steenberg is die man wat die groep tot stand gebring het. “Elke ST wat ek in die Vaal sien, trek ek af en voeg hul een vir een by die groep,” vertel hy met trots.

Lede van Vaal ST Crew by hul spogmotors. Foto: Elsje Vermeulen

Phillip was voorheen betrokke by die ST-1 Fueled by Family groep in Johannesburg. Die organiseerders van die groep het Phillip geïnspireer om ‘n groep in die Vaal te begin.

“Ons beplan om te groei en meer betrokke te raak in die Vaaldriehoek,” sê Phillip. Hulle beplan reeds ‘n charity run aan die einde van Maart.

“Ons wil graag die grootste car community in die Vaaldriehoek word! Die publiek kan ons social media gaan like en follow op instagram, tiktok, Facebook en YouTube.”

Die ST Crew-lede deel ‘n passie vir motors. Hier word die enjns bespreek. Foto: Hanro Nienaber (RCN Photographics)
Die groep is vir mans en vroue met ‘n passie vir motors. Foto: Hanro Nienaber (RCN Photographics)
Die ST’s vertoon nogal indrukwekkend so langs mekaar. Foto: Elsje Vermeulen

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button