Local newsNewsNews

Paarde(geen)weg in Vaalpark!

VAALPARK - Daar is baie paaie in die Vaal wat met slaggate besaai is, maar daar is min wat met Paardeweg kan kompeteer. Die pad is nou so te sê onbruikbaar vir motoriste.

Slegs vierwielaangedrewe voertuie kan dit dalk nog waag om die pad aan te durf.

“Ek moes onlangs noodgedwonge die pad probeer ry. Enige klein voertuig sukkel om daar te ry, en ry maar op die sypaadjie om skade aan hulle voertuie te voorkom. Dit is ‘n skryende skande,” vertel plaaslike inwoner Tertia van Wyk.

Boonop wil dit voorkom of menige inwoner al die probleem aangemeld het, maar Metsimaholo Munisipaliteit doen niks om die probleem aan te spreek nie.

“Privaat mense probeer om die gate te stop. Jy kan nie meer mense na jou huis toe nooi nie. Die kans dat hulle voertuig se bande kan beskadig is gegewe,” kla Tertia.

So lyk Paardeweg!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button