Local newsNewsNews

DA oorhandig memorandum aan ELM

Soek antwoorde oor swak dienslewering

VANDERBIJLPARK – Die Demokratiese Alliansie (DA) het vanoggend ‘n memorandum aan die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit oorhandig.

Die optog het by die lisensiekantore in Vanderbijlpark begin en by die hoofhek van ELM se kantore geëindig.

Die DA se ondersteuners het met baniere en plakkate opgeruk na die munisipaliteit se kantore. Foto’s: Ettienne van Rensburg

Solly Masimanga, die DA se Gauteng-leier, het die memorandum met griewe in die afwesigheid van burgermeester Sipho Radebe aan Hassan Mako, lid van die burgermeester-komitee vir finansies, oorhandig.

Masimanga het in sy toespraak onder meer gevra dat kader ontplooiing en nepotisme binne die munisipaliteit gestaak moet word en dat politici nie insae by indiensneming en toekenning van tenders moet hê nie.

Solly Masimanga, die DA se Gauteng-leier, onderteken die memorandum.

Daar is ook aangedring dat die burgermeester en senior bestuur ‘n leefstyl audit moet ondergaan.

Masimanga het gewaarsku dat die kwessies op provinsiale vlak aangespreek gaan word en ‘n beroep op ELM gedoen om die griewe wat in die memorandum vervat word, aan te spreek. “Die tyd vir julle is besig om uit te loop,” het hy gesê.

Na die ondertekening van die memorandum het Mako aan die optoggangers gesê dat ELM binne 14dae daarop sal reageer.

Daar is ook sterk kritiek uitgespreek oor die R650 miljoen diensleweringtoelae wat aan die nasionale regering terugbesorg is sonder om dit aan te wend om inwoners se lewens te verbeter.

Die swak toestand van paaie, gebrekkige vullisverwydering en die voorsiening van elektrisiteit en water is van die griewe wat uitgelig is.

Die inwoners van die woonstelblok oorkant die munisipale kantore in Vanderbijlpark het op die brandtrappe gestaan om die optog te bekyk.
Een van die optoggangers glimlag breed terwyl sy ‘n plakkaat omhoog hou.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button