Vrystaters klop Proteas in binnenshuise krieket
Binneshuise krieket uit die boonste rakke.
SASOLBURG – Elke jaar toer drie Protea Binnenshuise Krieketspanne deur die land en speel teen provinsiale spanne.
Onlangs het hulle ook ‘n draai by die Indoor Sports Sasolburg gemaak en teen die Vrystaatse Bo 30’s, Bo 40’s en Bo 50’s te staan gekom.
Sasolburg is die hoofsentra vir Vrystaat binnenshuise krieket en spog met vyf spelers in die Protea toerspanne.
Hulle is Hendri Coetzee en Ockert Brits (Bo 30’s), Chad Oosthuizen (spanbestuurder Bo 50’s), Trevor Hartmann (afrigter Bo 50’s), Gerrie Oosthuizen, Jaco Botes en Peter Davies (almal Bo 50’s).
Die Bo 30’s Vrystaatspan het vasgebyt teen die Proteas en met 10 lopies gewen. Die Bo 40’s en 50’s wedstryde is deur die Proteas gewen.
Die Indoor Sports Sasolburg is ‘n binnenshuise arena in Sasolburg wat al meer as 20 jaar bestaan.
Die arena bied die volgende sportsoorte aan: krieket, netbal, sokker en hokkie.
Henk Human sê: “Raak deel van die binnenshuise familie. Skakel hulle gerus by 081 831 0595 om ‘n span in te skryf, of gee jou naam op vir die sport waarin jy beland stel en ons soek ‘n plek vir jou en jou kinders om te speel.”
