Local newsNewsNews

Hallo Tollie! Kaartjie verkope by Barnyard Vereeniging het gevlieg

VEREENIGING - Tollie Parton het verlede week haar trefkrag ten toon gestel toe sy 'n vol gehoor na die Barnyard Vereeniging gelok het. Of sy almal se goedkeuring wegdra of nie, die syfers jok nie.

Haar show was sommer in die eerste week nadat kaartjieverkope oopgemaak het uitverkoop!

Tollie, oftewel Wynand Kotze, Vanrhynsdorp se voormalige hoofseun is een van Suid-Afrika se mees geliefde drag-supersterre.

Haar vertoning was ‘n treffer wat die gehoor laat skaterlag het. Dit kan as komies, semi-aanstootlik beskryf word … maar lag het jy gelag!

Shaun Rautenbach van Vanderbijlpark op die verhoog saam met Tollie tydens die vertoning.

Dis was ‘n aand vol vet, maar aan die einde was daar een ding waaroor toeskouers gekla het.

Die vertoning was te kort, en hulle wou nog so bietjie meer tyd saam met Tollie spandeer het.

Haar aanhangers het darem die kans gekry om saam met haar ‘n foto te neem.

Sy het haar mooiste pose saam met elkeen gegooi, totdat die laate in die lang ry met ‘n foto kon huistoe gaan.

Die volgende kunstenaar wat by die Barnyard Vereeniging optree is die ewe-snaakse Aletta Francina de Kok, met haar treffer show Effens Anders.

Aletta Francina de Kock

Tollie Parton saam met haar van haar aanhangers, wat in ‘n lang ry gewag het, vir ‘n foto saam met haar. Foto’s: Elsje Vermeulen

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button