Vaalweekblad Bruid van die Jaar-wenner
Met 2024 se wenner gekroon, word plaaslike bruide wat in 2025 die knoop deurhaak genooi om in te skryf - dis gratis.
Vaalweekblad se 2024 Bruid van die Jaar wenner is … Ilse Chivers van Meyerton. Ilse en Michael het op 27 September 2024 die groot stap geneem.
Vaalweekblad kan opreg sê dat ons trots is op die pragtige bruide wat aan verlede jaar se kompetisie deelgeneem het.
Ons het dit geniet om met al die bruide op ons blaaie te spog.

Maar met enige kompetisie kan daar ongelukkig net een wenner wees, en vanjaar kry Ilse die kroon.
Die Chivers-egpaar stap weg met ‘n 2-nag naweek hotelverblyf pakket (ontbyt ingesluit) by die Emerald Resort & Casino, aandete Vrydag en Saterdagaand by Graze Restaurant, ‘n wildsrit vir twee en ‘n rit vir twee op die Liquid Lounge.
Die twee gaan ook lekker bederf word met ‘n vollyfmassering van Sovann Blessed Beauty.
Bruid van die Jaar 2025
Bruide wat in 2025 die knoop deurhaak word genooi om aan Vaalweekblad se Bruid van die Jaar 2025 deel te neem.
Inskrywings is gratis en die eerste inskrywings is reeds ontvang.
Net soos al die vorige jare sal daar weer pryse op die spel wees.
Stuur dus jou mooiste troufoto met die nodige inligting (jul name en van, van watter dorp julle is, en wanneer julle getroud is) aan Penelope by penelope@mooivaal.co.za
Al die 2025 inskrywings sal in Vaalweekblad verskyn en is sal ook deurlopend op ons webtuiste beskikbaar wees.
