Local newsNewsNews

Piepklein Markus veg elke dag voort

VANDERBIJLPARK – Markus Olivier is op 27 weke gebore. Verlede Saterdag was hy een maand oud. In dié maand het hy 150g opgetel, maar ook die een terugslag na die ander beleef.

Sy ma, Denice, het op 26 weke ‘n bakteriese infeksie gehad. Sy is met antibiotika huis toe gestuur.

‘n Week later het sy haar ouer seun skool toe geneem en besef daar is fout.

By ‘n plaaslike privaathospitaal het hul bevind dat Denise in kraam gegaan het en daar is probeer om dit te stop.

Dit het egter nie gewerk nie en na ‘n onderonsie met die dokter het hulle besluit om na ‘n privaat hospitaal in Johannesburg te gaan.

Hier het Denice die volgende oggend ‘n noodkeisersnee ongergaan. Vir die eerste vier dae na die geboorte het dit goed gegaan.

Net vingerpuntdrukkies, dis al wat Markus se ouers hom kan gee.

Totdat Markus se infeksietellings skielik geklim het en daar bevind is hy het dieselfde bakteriese infeksie as wat Denice gehad het.

Daarna is ‘n bloedklont in sy regterhand gevind. Dit het na sy vingertjies versprei en tans veroorsaak
die bloedklont in sy hand natuurlike amputasie van die vingers.

“Daar is baie uitdagings rondom sy gesondheid,” het sy ma in ‘n onderhoud met Vaalweekblad gesê.

“Dit is soveel trauma om jou baba so te sien. Hy baklei so hard.”

Saam met al die emosionele stres rondom Markus was daar verdere slegte nuus vir die Oliviers.

Die privaathospitaal wat die afgelope twee jaar nog deel van hul mediese fonds se netwerk hospitale was, is intussen van die lys afgehaal.

Dit laat hul met ‘n 35% bybetaling op alle behandeling.

“Ons verwag ‘n rekening van oor die R1m teen April. Boonop moet ons twee huishoudings aan die gang hou. Ons oudste is agt jaar oud, hy kan nie na homself kyk nie.”

“Die hospitaal in Alberton is 100 km van ons huis in Vanderbijlpark af. As enige iemand kans
sien om ons te help, sal dit verskriklik waardeer word.”

Markus sal ten minste nog tot einde April in die hospitaal moet wees.

Klik op die backabuddy skakel om Markus the help.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button