Rocking the Vaal: ‘n Hele naweek se pret
VANDERBIJLPARK - Het jy al jou kaartjies vir Rocking the Vaal wat op 28 en 29 Maart plaasvind?
Die eerste pret van die fees, wat deur die GTCoC (Goue Driehoek Sakekamer) in samewerking met verskeie ander rolspelers en borge aangebied word, vind op Vrydag, 28 Maart by Die Ankerskool en by die Emerald Resort plaas.
Die eerste van drie aanslae op Guinness Wêreld Rekords word die Vrydag by Die Ankerskool aangedurf, naamlik: die meeste mense wat op een slag brood breek.
Die huidige rekord is 478 mense, en daar gaan gepoog word om dit na 1 000 te verbeter.
Deel van die aand se pret by die skool sluit in optredes deur Fatman, Reborne en Future Radio.
Daar gaan ook op Vrydagaand Boereorkeste by die arena by Emerald Resort & Casino optree as deel van Rocking the Vaal.
Dit begin om 18:00 en toegang beloop R55 per persoon.
Wat Saterdag se vermaak betref gaan daar vanjaar 12 nasionale kunstenaars op die verhoog wees.
Die Boere-orkeses wat die Vrydagaand optree sluit in:
Montana Boere-orkes
Kleilatte-orkes
Vaaldriehoek-dansorkes
4#Sharps
Kontak Benna by 062 275 0026 vir kaartjies en meer inligting.


