VANDERBIJLPARK – Medeley stroom steeds in nadat Jaun Strydom, een van Suid-Afrika se voorste atletiekafrigters, Donderdagoggend skielik in sy huis in Pretoria oorlede is.
Strydom was die afrigter van die oud-Vaaldriehoeker en Suid-Afrikaanse hekkieskampioen, Marione Fourie.

Fourie het Woensdagaand in Pretoria op die Pilditch-stadion tydens die Grand Prix 1 byeenkoms nog die vinnigste tyd tot dusver in die wêreld in dié item in ‘n tyd van 12.77 sekondes gehardloop.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
