Geen genade vir bejaarde met gebreekte enkel en knie
SASOLBURG - 'n Bejaarde vrou van Vaalpark het in 2025 nog net pyn en lyding ervaar. Boonop is amputasie haar voorland as sy nie binnkort die nodige operasie en behandeling kry nie.

Anne-Marie Bekker (78) was op 30 Desember 2024 op pad tuin toe, toe sy by die huis gestruikel en geval het.
In die proses het sy haar knie op twee plekke gebreek, en haar enkel op drie plekke.
“Sy was eers na Cormed Privaat Hospitaal vervoer waar X-strale geneem en die skade bepaal is.
“Ons is toe ingelig dat ons ‘n deposito van R180 000 moet betaal alvorens daar geopereer kan word.
“Aangesien Anne-Marie ‘n SASSA-trekker is, was dit onmoontlik om die bedrag te betaal,” vertel haar swaer, Jan Mein.

En dit is hier waar hul ‘n doodloopstraat bereik het. Anne-Marie is van toe na die een staatskliniek/-hospitaal na die ander rond gestuur.
Telkens is daar net X-strale geneem en die gips is afgehaal en nuwes is aangesit.
Daar was verskeie redes aangevoer hoekom daar nie op haar geopereer kon word nie. Alles van dat daar nie geld vir die operasie of die prosteuse is nie, en selfs: “We do not opperate on old people”.
Anne-Marie se geliefdes besef die erns van die saak en dat haar been geamputeer kan word as sy nie die regte behandeling kry nie.
Hulle vra nou die publiek om hul harte oop te maak en hul finansiëel te help sodat Anne-Marie in ‘n privaat hospitaal geopereer kan word.
Enige bydrae sal opreg waardeer word.
Deposito’s kan gemaak word aan:
Anne-Marie Bekker.
Bank: Standard Bank
Rekening: MYMO
Rekeningnommer: 028 348 796
Takkode: 05 5936