Local newsNews

Volksies, regte egte ‘Beetles’ in ‘n ry

Van vlak na die Tweede Wêreldoorlog tot in die 1980's was Volksies een van die gewildste motors. Hulle was kanniedoods en dis lekker om sommer in agt op 'n slag vas te loop.

VANDERBIJLPARK – In die tweede helfte van die 20ste eeu was dit ‘n algemene gesig. Die Volkswagen Beetle ook bekend as Volksies was oral.

Mettertyd is hulle deur meer moderne spoedvrate vervang, maar die kewertjies het steeds hul aanhangers.

Onlangs het daar agt (ses in oorspronklike vorm en twee bietjie aangepas) hul staan gekry by die Laerskool Eligwa.

Die motors het blink gepronk in die oggendson gestaan met hul trotse eienaars nie ver van elkeen nie.

Elke Volla het ‘n storie. Craig van der Walt het sy Shorty (‘n oorspronklike 1974-beetle) self omskep tot die astrante pers kewertjie waarmee hy vandag spog.

André Oosthuizen in sy goed opgepaste 1964 kewer.

Bennie Homan se 1963 Volla het nog ‘n linkerhandstuur met ‘n dakvenster, terwyl André Oosthuizen vertel dat sy kewer ‘n 1964-model is wat oorspronklik aan ‘n bejaarde dame in Nederland behoort het.

Henk Jordaan langs sy 1974 Volksie, lucy. Foto’s: Gerda Bruinette

Henk Jordaan van Vereeniging se Lucy wys haar jare. Die 1974-model het lank gestaan alvorens Henk haar gekoop het. “Ek het haar die Donderdag gekry, dadelik aan die werk gespring en teen die Sondag het sy gery,” vertel hy trots.

Die kewer se naam is Pepsi. Die ou tas, radio en driewielfiets trek baie aandag waar hy ook al gaan.

Dan is daar die 1972 en 1976 kewers met die name Pepsi en Cherry Coke. Beide kewers word gereeld ingespan om paartjies na matriekafskeid geleenthede te vervoer.

Volla Lucy

Waar Shorty by verre die kleinste kewer van die lot was, was Bug die grootste. Morné Koekemoer sê sy Volksie is ‘n spesiale Bug met groot drome om eintlik ‘n 4×4 te wees. Met sy grys gewaad, oop kap, groot sitplekke en nog groter wiele, lyk die kewer voorwaar na ‘n Bug met houding.

Morné Koekemoer sê sy Volksie is ‘n spesiale Bug met groot drome om eintlik ‘n 4×4 te wees.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button