Local newsNews

Romantiese nommer van Lion Jay

Die Vaaldriehoek se eie Lion Jay se nuwe enkelsnit val sag op die oor en hart. Luister hier...


VEREENIGING – Lion Jay se jongste enkelsnit, I wish it was me, is 14 Februarie vrygestel.

‘n Liefdeslied wat sag op die oor val en diep in die hart kruip. Die lied is geïnspireer deur Brian Hovey se liefdesverhaal wat vasgepen en getoonset is deur Mike Duke.

Duke bekend vir onder andere sy werk in die groep “Huey Lewis and the news” het die lied beskikbaar gestel vir Lion Jay om as ‘n oorspronklike lied vrygestel te word.

Die verwerking is deur Hennie Ungerer gedoen. Volg gerus sy sosiale media kanale onder Lion Jay op onder andere YouTube en Spotify om na hierdie besondere liedjie en al sy ander treffers te luister.

Een van sy vorige treffers, I will never find somebody like you, is al meer as 91 000 keer op Spotify geluister.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button