Local newsNews
Ons weet wat ons weet… Watse dier sou jy wou wees?
As jy kon kies watse dier sou jy wou wees? Laerskool Emfulenipark se graad 1 – 3’s het met Gerda Bruinette gesels.
Cara Myburgh Valk. Hulle is baie groot en hulle is baie mooi vir my.

Emma Posthuma Hond. ‘n Cocker Spaniel, want hulle is baie cute en stout.

Laramie Dekkers Apie. Hulle is cute. Hulle hou daarvan om piesangs te eet en ek ook.

Regardt Louw Luiperd, want hulle is mooi en hulle klim in die bome.

George Mostert Ek het al gedink as ek ‘n hond is, sou ek in die rivier geswem het. Great Dane, want ons het twee Great Danes en een varkhond by die huis.

Lillian Bouwer Kameelperd, want hy het die langste nek op aarde.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
