Local newsNewsNews

Groot Gees vandag gegroet

Trane rol oor Vaal se radioman

SASOLBURG – Een van die Groot Geeste van die Vaaldriehoek en Suid-Afrikaanse musiekbedryf is vandag finaal ter ruste gelê.

Marius Emmanuel Dreyer (62) se roerende roudiens het op 24 Maart plaasgevind.

Hartroerende. Amanda Dreyer, vrou van die ontslape Marius Dreyer word deur haar netbalspan van die HS Driehoek omring tydens haar man se begrafnis. Foto: Ettienne van Rensburg

Marius is op 20 Maart oorlede nadat hy  ʼn beroerte gehad het en weens bloeding op die brein breindood verklaar is. Dit het ‘n skokgolf deur die Vaaldriehoek en die Suid-Afrikaanse musiekbedrywig gestuur.

Hy was ʼn steunpilaar in die gemeenskap wat jare lank as omroeper vir 90.6 FM gewerk het.

Hy het met sy omgeehart en stralende persoonlikheid duisende mense lewens op ʼn daaglikse basis aangeraak.

Sy familie was sy alles en hy het altyd breëbors met hulle gespog.

Een van sy jarelange vriende die bekende Vaaldriehoekse sanger, Manie Jackson, het twee pragtige gospel liedjies tydens die diens gesing.

Marius laat sy vrou Amanda, sy seun en twee dogters agter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button