Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging se goeie oes
Die Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging se maandelikse klubaand het soos gewoonlik weer skitterende foto's opgelewer. Die maandtema was "Emosie".
In die afdeling was dit meester-fotograaf Mietsie Visser se “Norskyk” was as wenfoto aangewys is.
Hierdie uitstekende foto was die wenfoto van die aand en was ook tweede in die PSSA kompetisie van die maand.

In die junior-afdeling (1 – 3 Ster) was Eanette Maass se “Kersfeesvreugde” die wenfoto.
In die oop-afdeling waar enige foto ingeksryf mag word was die kompetisie baie straf. In die senior-afdeling (4, 5 Ster en hoër graderings) was Rensia Fourie se “Yellow Fly” die wenfoto.

In die junior-afdeling was Eanette Maass weer ‘n wenner met “Slapende Neusie”.
In die Monochroom-afdeling was dit meester-fotograaf Johan Brits wat koning gekraai het met “Walking in a medieval city” en Pikkie Marais die junior-wenner met “Valentyns Spikkol”.

In die aanlyn-kompetisie was senior-fotograaf Renee Storme die wenner met “Shooting for goal”.
Daar is ook ‘n selfoon-afdeling. In dié afdeling was Suzy Louw se “Jakkasvlei” die wenfoto in die senior-afdeing, terwyl Pikkie Marais se “Bababoud” die junior-wenner was.

Al die wenfotos kan op die klub se webtuiste www.vdbp-photo.org besigtig word. Interessante artikels word ook gereeld op hierdie webtuiste gelaai.
Belangstellendes kan Johan Brits kontak by 082 718 8394 of tsawa@yebo.co.za
Besoek ook die klub se Facebook VdbpPhotoClub waar daar gereeld interessante wenke en fotos opgelaai word.


