Local newsNewsNews

Tyd vir Rocking the Vaal het aangebreek

VANDERBIJLPARK - Die tyd het aangebreek! Vanjaar se Rocking the Vaal vind op 28 en 29 Maart by die Emerald Resort & Casino plaas.

Die pret skop Vrydagaand, 28 Maart af met Boereorkeste by die arena by Emerald Resort & Casino, terwyl die Brood breek-rekord by Die Ankerskool plaasvind.

Saterdag word die groot rekords aangepak met ‘n rits vertonings deur die loop van die dag. 12 nasionale kunstenaars gaan optree.

Daar gaan die keer gepoog word om drie nuwe rekords op te stel:

* Langste kebab: huidige rekord is 2047.47m, en daar word gemik na ‘n 3 000m kebab/sosatie bou en braai.

Om dit te vermag gaan sowat 2 048 mense vanuit die gemeenskap gelyk braai aan die sosatie op die dag. Daar gaan 2 ton vleis gebruik word en die uiteindelike sosaties sal na raming sowat 3 ton weeg.

* Grootste pot mieliepap: die huidige rekord is 1 000kg en daar word gemik na ‘n 2 000kg pot. Die bestaande pot waarin daar verlede jaar potjiekos gemaak is, gaan hiervoor ingespan word.

* Brood breek-rekord is 478: die mikpunt is 1 000. Die rekordpogings sal ook ‘n liefdadigheidsdoel dien. Na verwagting sal sowat 12 000 mense kos ontvang.

Van die kunstenaars sluit in:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button