Local newsNewsNews

Aksiekrieket vir bewusmaking van MS

Word goed deur die gemeenskap ondersteun

SASOLBURG – MS Hoop het onlangs groot gegaan met sy aksiekrieketdag wat op Noordskool se tennisbane gehou is. Veelvuldige sklerose (Multiple Sclerosis, oftewel MS) is ‘n realiteit vir baie mense in Suid-Afrika, maar dit beteken nie dat hulle nie kan pret hê nie.

Elré van der Merwe (regs) staan en toekyk hoe MS Warrior, Harry Prinsloo, die bal vanuit sy rolstoel moker.
‘n Speler maak gereed om ‘n ingooi na die penne te bemeester.

Volgens Rozaan Steyn durf MS Hoop gereeld nuwe uitdagings aan om hulself en ondersteuners te vermaak. “MS Hoop probeer altyd ‘n uitdaging aandurf waar ons MS Warriors en ons ondersteuners ‘n dag van lag, pret en plesier kan hê.”

Die MS Warriors het met Martin Graham kragte saamgesnoer om die dag moontlik te maak vir al die lyers wat in rolstoele is.

MS Warrior, JP Hechter, kielie een van die aflewerings!

Die EG Kerk Sasolburg het gehelp om die jaffels en pannekoeke vir die dag te maak en te verkoop.

Een van die MS-lyers moker ‘n aflewering

Die weeklikse Sasolburg Parkrun wat ook op 8 Maart plaasgevind het, het die wedloop aan die bewusmaking van MS opgedra.

“Die dag was ‘n groot sukses en daar is baie gelag,” vertel Rozaan wat nou vyf jaar met die siekte stoe

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button