Local newsNewsNews

Solarkragverbruikers gaan meer moet opdok

Eksom het onlangs bekend gemaak dat hy dat huishoudings met sonkragstelsels meer vir hul krag moet betaal.

Dr. Wynand Boshoff (VF Plus-LP en hoowoordvoerder: Energie, meen dis is begryplik, alhoewel dit waarskynlik die teenoorgestelde uitwerking gaan hê as waarvoor Eskom hoop.

“Huishoudings wat sonkragstelsels kan bekostig, gaan neig om eerder batterye by te koop en hulself van die netwerk te verwyder. Dit gaan Eskom slegs met nie-betalende kliënte laat,” voorspel Boshoff.

“Eskom se probleem is dat sy opwekkingsvermoë groot genoeg moet wees om kragverbruik tydens piektye te voorsien. Steenkoolkragstasies, wat steeds die toneel in Eskom oorheers, kan nie op en af gestel word volgens kragbehoeftes nie”.

Hy verduidelik dat indien alles by Eskom goed werk en die tipiese piekverbruik 50 GW is, moet Eskom dit, plus ’n veiligheidsfaktor, reg deur die dag produseer.

Piektye is in die oggend omstreeks van 06:00 tot 8:00 en weer smiddae 17:00 tot 20:00. Die res van die dag gaan oortollige krag verlore.

“Sonkragstelsels lewer die meeste krag van 10:00 tot 15:00, juis wanneer Eskom met minder moeite aan die behoefte kan voldoen. Indien Eskom gedurende die dag daardie krag beskikbaar het, kan hy dit steeds nie aan kliënte met sonkragstelsels verkoop nie.

“Oor piektyd verwag sulke kliënte wel dat Eskom-krag beskikbaar moet wees, wat beteken dat hulle onder normale omstandighede nie Eskom se las verlig nie, maar tog minder tot die staatsonderneming se inkomste bydra,” verduidelik Boshoff.

Hy voer verder aan dat Eskom die nasionale energiereguleerder, Nersa, kon oortuig dat dit die mark verwring.

Daarom moet sonkrageienaars voortaan meer betaal om aan die netwerk gekoppel te wees.

“Dit is ou nuus dat alles by Eskom nie goed werk nie. Beurtkrag het bedags en selfs in die middel van die nag voorgekom, wat beteken dat Eskom gedurende geen uur van die dag aan die kragbehoefte kon voldoen nie.

“Daarom het elkeen wat kon, hul eie sonkrag geïnstalleer en Eskom grootliks uit die verknorsing gehelp,” bekemtoon Boshoff.

Die tariefplan wat volgens plan op 1 April in werking tree, mag dalk vir Eskom onmiddellike verligting bring, maar kan dalk nadelig wees vir Eskom in die langduur as solarverbruikers hulle somme doen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button