Kompetisie: Spog met jou troeteldier en wen
Troeteldiere het die wonderlike vermoë om ons gemoed te lig deur net daar te wees terwyl hulle ons van die lojaalste geselskap in die wêreld voorsien.
En wat is nou lekkerder as om met jou geliefde viervoet (of enige ander soort troeteldier) te spog.
Vaalweekblad bied ons lesers die kans om pryse te wen met die gratis kompetisie.
Die inskrywings gaan deurlopend in Vaalweekblad en op ons webtuiste verskyn. Inskrywings sluit 27 April, so moenie wag nie, stuur jul foto’s in.
Die wenners sal in die Vaalweekblad uitgawe van 2 Mei aangekondig word.
Koop die week se Vaalweekblad (28 Maart tot 3 April) om te sien hoe maklik mens deelneem.
Die pryse op die spel sluit in:
* ‘n Geskenkpak van Pets Kingdom in Kookrus, Meyerton (hondebedjie, speelgoed ens.)
* Ecohealth @ Fire Fly in Meyerton borg produkte van Pierre Ecohealth ter waarde van R620 (hondekos, katkos, diereskommels en ander lekkernye)
* ‘n Geskenkbewys van Bird Buddies in Vereeniging ter waarde van R400
* God’s Little Creations in Vereeniging borg pet crooming services ter waarde van R4 000

