Betaal die maand nog soos voorheen jul ELM-rekeninge!
Plaaslike inwoners wat onder die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit val, sou volgens beplanning reeds van 1 April hul elektrisiteitsrekeninge direk aan Eskom betaal.

Daar is egter bevind dat daar nog probleme met die nuwe Eskom-bankrekening is waarin die gelde betaalbaar is, en inwoners word aangeraai om steeds hierdie maand hul rekeninge soos voorheen aan ELM te betaal.
Gerda Senekal – VF Plus-raadslid in Emfuleni, het reeds in ‘n vorige berig verduidelik dat Eskom as agent aangestel is vir die invordering van kragrekeninge weens die munisipaliteit se wanbetaling aan die nasionale kragvoorsiener.
“Dit is egter ons aandag gebring dat betalings nie gedoen kan word soos gevra was nie. Ons sal inwoners in kennis stel wanneer al die probleme uigesorteer is en hulle dan direk aan Eskom betalings kan doen,” het rdl. Senekal gesê.
