Local newsNews

7-jarige sterk goed aan na wrede krokodil-aanval

Terwyl 'n jong seun aansterk in die hospitaal, is sy vriende en familie besig om fondse in te samel om vir die mediese kostes te betaal. Lees hier meer.

VANDERBIJLPARK – Die media het gegons nadat ‘n krokodil die sewejarige Johandré Blom in ‘n dam in Noordwes aangeval het.

Johandré en Dylhan Bekker het teen die kant in die vlakwater gestaan en klippe omdraai, opsoek na krappe. Hul pa’s, Corné en Jannie, het naby hulle hul visstokke in die water gehad.

Die Blom-gesin, Bekkers en nog vriende het saam gekamp vir die langnaweek. Jannie Bekker bly in Vanderbijlpark terwyl sy seun Dylhan skoolgaan in Alberton waar sy ma bly.

Dylhan Bekker het dadelik Johandré gegryp en probeer vashou toe die krokodil toeslaan.

Die dag se vredige rustigheid is wreed versteur toe ‘n krokodil vir Johandré aan sy arm gegryp het. Dylhan het dadelik sy vriend gegryp en probeer terugtrek terwyl hy om hulp geskreeu het.

Die pa’s het alles gelos en nader gestorm. Corné het die krokodil aangevat en nadat hy self twee keer onderdompel is, het hy uiteindelik met sy kind in sy arms uitgestrompel.

Daar is met Johandré na ‘n hospitaal in Brits gejaag vanwaar hy na ‘n hospitaal in Alberton oorgeplaas is. In die dae wat gevolg het, was almal wat by die dag se gebeure betrokke was erg getraumatiseerd.

Johandré se arm is by sy skouer deur die krokodil afgeruk en hy het ook ander wonde opgedoen. Dylhan het gevoel hy moes meer gedoen het om sy vriend te red, maar kon intussen al met hom oor ‘n video-oproep gesels.

Intussen het Johandré ook met rasse skrede verbeter. Hy kan al bietjie loop en het al vir ‘n rukkie saam met sy familie buite gesit. Dinsdag het hy selfs ‘n hamburger bestel en dit baie geniet.

Daar word fondse benodig om Johandré se mediese onkostes te dek. Besoek gerus die back-a-buddy om ‘n bydrae te maak.

Jannie het ‘n beroep op vakansieoorde en oewereienaars gedoen om meer te doen om mense te waarsku indien daar ‘n moontlikheid van krokodille in die riviere of damme is.

“Daardie dag was daar vele manne meer as halflyf in die water. Dis gevaarlik. En niemand besef dit nie,” het hy afgesluit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button