Local newsNews
Ons weet wat ons weet: Wat doen juffrou in die skoolvakansie?
Die skoolvakansie is hier. Gerda Bruinette het by Laerskool Totius se graad 1’s gaan hoor wat dink hulle doen juffrou wanneer die skole gesluit is.
Linkin Deyzel Die juffrouens vat die boeke, merk dit en doen hul werk. Ek gaan visvang die vakansie.

Tiarra Herbst Sy merk ons boeke. Sy werk die hele skoolvakansie. Ek gaan met my boetie buite speel.

Athena Williams Ek dink hulle (die onderwysers) bou puzzles, lê laat en pak ballonne. Ek dink hul rus ook bietjie.

Tshimoloho Sethabela Hulle gaan by die kerk.

Damien Engelbrecht Juffrou praat met haar vriende op haar foon, slaap en speel games met haar kinders.

Edwin Bianchina Sy bly by die huis en rus ook net.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
