Local newsNewsNews

Rubriek: Foxtrot-Oscar-Uterus-Tango

Weermagstyl... alles het vlot verloop totdat hy by die U-letter in sy straatnaam uitkom, toe slaan hy blank.

So bevind ek myself verlede week in die onbenydenswaardige posisie om ‘n afspraak vir kar se 60 000km diens by Williams Hunt in die Suide van Johannesburg te maak.

Eenvoudig sou mens dink, nê? Een moerse frustrasie!

Buitendien die feit dat eienaars van onder meer Opel, Jeep en Citroën voortaan nie hulle voetuie by ‘n agentskap in die Vaaldriehoek kan diens nie, het ek myself teen ‘n nuwe vyand vasgeloop.

Die weermag alfabet en die selektiewe gehoorgestremde ontvangsdame. Laat ek verduidelik. As kind was dit lekker om rond te hardloop en Echo, Tango, Alfa, Yankie, Foxstrot oor die walkie talkies te skreeu sonder om werklik te verstaan wat dit beteken.

In die grootmenswêreld word die fonetiese alfabet noormaalweg eksklusief gebruik om jou naam, van en e-pos adres vir dienssentrum-operateurs te spel. Gewoonlik is dit bitter effektief behalwe in die geval.

Na verskeie onsuksesvolle oproepe en spelsessies het ek as ‘n laaste desperate poging my gewend om aanlyn my bespreking te doen.

Dit was ‘n groter ramp. Hoewel ek ‘n oproep paar minute later gekry het, is my opgewondenheid vinnig geblus.

Dit was ‘n ywerige verkoopsman wat ‘n kar aan my wil verkoop. Hoe die kwantumsprong van ‘n diens na die aankoop van ‘n nuwe voetuig plaasgevind het, laat my kop steeds draai.

Elk geval, na verskeie ure het ek uiteindelik my tjorrie ingeboek gekry.

Ek vertel toe die hele storie aan een van my kollegas wat toe met hierdie juweel van ‘n staaltjie vorendag kom.

Hy het onlangs pa geword van ‘n pragtige seuntjie en vertel vir my proesend sy skreeusnaakse ervaring.

Soos sommige Afrikaners se Engels soos lugtyd opraak, kan die omskakeling van woorde in die weermag alfabet ook mens pootjie as jy nie gereeld daarmee te doen kry nie.

Dit gebeur toe so dat my kollega – wie se vrou in daardie stadium hoog swanger was en geboorte sake vars in die kop was – sy adres vir iemand oor die foon moes spel.

Weermagstyl… alles het vlot verloop totdat hy by die U-letter in sy straatnaam uitkom, toe slaan hy blank.

In plaas van uniform te sê, blaker hy U vir Uterus uit.

Volgens hom het die verslae persoon aan die anderkant van die lyn elke greintjie selfbeheersing en professionaliteit ingespan om nie hardop te skater nie.

Die kruks van die saak is, wees versigtig vir die weermag alfabet. Jy mag net ‘n FoxtrotOscar-UterusTango maak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button