Local newsNewsNews
So amper 50 vis gevang
SASOLBURG - Die Hap en Kap Hengelklub het sy maandkompetisie op 22 Maart by Ardenza, Vaaldam gehou en in 'n totaal van 49 vis gevang, met 'n totale gewig van 27.270kg.
Die afdeling wenners is:
Dames: Mandie Carelse met 5 vis met ‘n totale gewig van 2.205kg.
Penkoppe: Joané Snyman met 4 vis en ‘n totale gewig 1.580kg.
Juniors: Lex Jordaan met 2 vis en ‘n totaale gewig van 2.405kg.
Seniors: Driaan Pieters met 8 vis met ‘n totale gewig van 8.815kg.
Meesters: Danie Heydenrych met 3 vis en ‘n totale gewig van 1.470kg.



Die grootste spesies van die dag:
Driaan Pieters – Baber van 6.285kg.
Lex Jordaan – Karp van 1.270kg.
Boela Snyman – Moddervis van 0.805kg.
Steyn Fourie – Graskarp van 0.225kg.
Hendrik Jansen van Rensburg – Kleinbek geelvis van 0.690kg.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
