Local newsNews
Vrolike paashase op motorfietse
Motorfietsryers het verlede naweek saamgetrek vir hul jaarlikse Bunny Run. Jacké Labuschagne het foto's namens Vaalweekblad geneem.
VANDERBIJLPARK – Die Centurions MC Vaal is bekend vir hul liefdadigheidswerk.
29 Maart het hul weer hul jaarlikse Bunny Run gehad. Almal wat die dag bygewoon het, het sjokolade paaseiers gebring.

Die paaseiers sal later by verskeie behoeftige instansies uitgedeel word. Motorfietsryers het van so ver as Kathu gekom om deel te neem.

DJ Ben het die musiek verskaf en daar is lekker gekuier en natuurlik ook paaseiers geëet.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
