Local newsNewsNews

Besering kortwiek rekordpoging

VANDERBIJLPARK - Daar was blase op sy hande as bewys dat hy voluit gegaan het om twee Guinness Wêreldrekords te verbeter. Clive wou 'n nuwe rekord vir die langste krieketoefening aaneen opstel, aslook om die vorige rekord van 9 736 balle kolf te verbeter.

Sy rekordpoging het verlede Donderdag begin. Hy wou graag die huidige rekord van 50 ure 34 minute 26 sekondes na 60 ure te verbeter.

Clive het verlede jaar November al die regte stappe gedoen en amptelik aansoek gedoen om die rekord te verbeter. Hy het in Januarie gehoor dat sy aansoek goedgekeur is.

“Ek was baie positief en was goed op dreef, maar het na 19 ure senuwees beskadig. Ek het aangebou en deurgedruk tot 23 ure, maar toe kon ek nie meer nie,” vertel Clive (26), onderwyser van HTS Careld de Wet.

Clive besig om te kolf.

Hy het wel daarin geslaag om balle kolf rekord tot 10 000 te verbeter.

En hy is nie spyt oor die probeerslag nie, ” Ek is baie bly ek het die gedoen”. Hy bedank ook die bystand wat hy van leerlinge en personeel van HTS Careld de Wet ontvang het.

Die geld wat tydens die rekordpoging ingesamel is gaan aan liefdadigheid geskenk word.

‘n Moeë Clive Behr na sy rekordpoging.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button