Outistiese kinders leef volgens hul eie deuntjie
April is Outisme bewusmakingsmaand. Vaalweekblad het met Endri en Johan Coetser gesels. Die egpaar het twee seuns en albei is op die outistiese spektrum.
VANDERBIJLPARK – Franco is 15 en tans ‘n leerder aan die Eureka Skool. Dylan is vyf en is onlangs ook met outisme gediagnoseer.
Alhoewel hy tans in graad R is by die Laerskool Eligwa sal hy ook sy skoolloopbaan by ‘n skool vir leerders met spesiale leer behoeftes moet voortsit.

Endri en Johan is dit eens dat om ouers van kinders met spesiale behoeftes te wees ‘n eensame pad kan wees.
“Mense verstaan nie en oordeel gou. Ons is al in die openbaar uitgekryt as slegte ouers met stout kinders,” vertel Endri.
ntussen kan nie Franco of Dylan te veel lawaai hanteer nie en is ‘n winkelsentrum vol mense vir hulle ‘n nagmerrie.
“Beide seuns is gelukkig verbaal. Alhoewel, hulle praat nou weer hopeloos te veel, maar ek is dankbaar. Ek weet nie hoe sou ek dit andersins kon doen nie,” sug Endri verlig.
Deur die jare het hulle geleer roetine is belangrik. Die geringste verandering in roetine kan beide seuns onbeheerbaar maak.
Franco het van kleins af alles in sirkels gedoen. Selfs nou as hy sy pa help grassny, sny hy die gras in sirkels. Hy sukkel om te lees en te skryf, maar het op vyf jaar al sy eie gloeilampie gebou.
Die kind was nog altyd lief daarvoor om met sy hande te werk en kan al net so goed bou, verf en dinge aanmekaarsit soos sy pa.”
Alhoewel Franco ‘n grootgeboude seun is wat nogal kwaai kan lyk, het hy ‘n sagte hartjie. So is hy die een wat die nie-verbale kinders by die skool beskerm.
Klein Dylan weer het ‘n streep hardkoppigheid gemeng met avontuurlustigheid wat enige een se geduld sal beproef.
Hy luister nie, hou aan totdat hy val of sy kop stamp, maar dan spring hy net so vinnig op en verklaar, “ek is fine.” “Elke dag is ‘n verrassing met Dylan saam,” beduie Johan.
Die Coetsers sê hul grootste wens is dat die algemene publiek meer sal leer oor wat outisme is. “Dis glad nie soos wat dit gewoonlik in TV-reekse of rolprente uitgebeeld word nie.”
Die belangrikste is om soveel as moontlik oor die onderwerp te leer en na te lees. Hoe vroeër outisme gediagnoseer kan word, hoe groter is die kans vir beter ontwikkeling en vir die kind om later selfs na ‘n hoofstroomskool te gaan.
Elke outis is ook anders en die beste is om saam met ‘n goeie kinder psigiater, wat in outisme spesialiseer, te werk en dan natuurlik arbeidsterapie.
Endri het die volgende wenke vir ouers:
• Mense verstaan nie, jy word jou kind se kampvegter. “Franco is nie dom nie, en ja, ek wil hê jy moet daai woord gebruik. Mense dink kinders op die outistiese spektrum is dom. Hy is nie. Sy brein is net bietjie anders bedraad. Ons het al mediese personeel in hospitale ontmoet wat nie weet of verstaan nie, dan lig jy hulle in.
•Hou vas aan jou geloof. humor.
• Ons het nog altyd oorleef met ‘n baie goeie sin vir • Choose your battles.
• Leer jou kind, dis okay om anders te wees.
