Local newsNewsNews

Sinkgat in SW1 wek kommer

Swaar reënval glo sondebok

VANDERBIJLPARK – Sinkgate, daardie gevaarlike ineenstortings van die grondoppervlak, is ’n toenemende bron van bekommernis in verskeie dele van Suid-Afrika. Die Vaaldriehoek loop ook nou en deur.

Die nuutste sinkgat wat in die Vaaldriehoek kommer wek het op die hoek van Neser enn Coldridge Straat in SW1 gevorm.

Dit is na wat verneem word reeds by die munisipaliteit aangemeld.  Die mees algemene oorsaak van hierdie verskynsel is die oplossing van sekere oplosbare gesteentes – soos kalksteen, dolomiet of gips – deur suur water, wat mettertyd ondergrondse holtes vorm.

Hierdie proses, bekend as oplossingsverwering of karstvorming, begin wanneer reënwater koolstofdioksied uit die atmosfeer en die grond opneem en koolsuur vorm.

Die suur water dring die grond binne en begin die onderliggende gesteentes oplos. Met verloop van tyd ontstaan daar tonnels en holtes.

Wanneer hierdie strukture te groot word om die grond daarbo te dra, sak die oppervlak in – en ’n sinkgat word gevorm.

Boonop speel menslike aktiwiteite ook ’n rol in die ontstaan van sinkgate.

Mynbou, hidrouliese breking (‘fracking’), lekkende waterpype, swak stormwaterbeheer en die oormatige onttrekking van grondwater kan alles bydra tot die verwering van gesteentes en die verswakking van grondstrukture.

In Suid-Afrika is sinkgate veral algemeen in gebiede met dolomietgesteente. Streke soos Carletonville, Centurion en Krugersdorp in Gauteng is bekend vir hul vatbaarheid vir hierdie natuurlike, maar soms mensverergerde, rampe.

Kenners maan dat groter bewustheid, beter stedelike beplanning en deeglike grondtoetse noodsaaklik is om die risiko van sinkgate te verminder en skade aan infrastruktuur en lewens te beperk.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button