Local newsNewsNews

Swart Maandag: ’n Simbool van protes en solidariteit

Vaaldriehoekers staan saam

SASOLBURG – Swart Maandag is ’n aktivistebeweging in Suid-Afrika wat fokus op plaasmoorde en geweld teen boere en plaaswerkers.

Dit het in 2017 wyd erkenning gekry toe duisende mense op 30 Oktober in swart geklee het en protesoptogte gehou het om hul kommer oor die hoë vlakke van geweld uit te spreek.

Die beweging het spontaan uit die gemeenskap ontstaan sonder ’n sentrale organisasie.

Dié beweging het in 2017 tot stand gekom ná die wreedaardige moord op die Klapmuts-wynboer Joubert Conradie.

Die doel van Swart Maandag is om bewustheid te skep oor die brutale en dikwels rassegemotiveerde aanvalle op boere en hul gesinne.

Deelnemers dra swart as ’n teken van rou en solidariteit, en protesaksies sluit padoptogte, gebedsbyeenkomste en oomblikke van stilte in om slagoffers te gedenk.

Meer as net ’n protesdag, bly Swart Maandag ’n simbool van die plaasgemeenskap se stryd teen geweld en ’n oproep tot aksie aan die regering en samelewing.

Dit bly ’n emosiebelaaide en omstrede beweging wat die diep verdeeldheid in Suid-Afrika oor misdaad en identiteit weerspieël.

Meer as net ’n protesdag, bly Swart Maandag ’n simbool van die plaasgemeenskap se stryd teen geweld en ’n oproep tot aksie aan die regering en samelewing.

Op 28 Maart het die plaaslike aktiviste van die beweging in Sasolburg bymekaargekom om hulle ondersteuning aan die saak te gee.

‘n Gideonsbende aktiviste het ondanks trietsige reënweer by Die Veiling op die dorp vergader, wit kruise geplant en ‘n memorandum aan die polisie oorhandig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button