Local newsNewsNews

Vaal- en Kliprivier begin ook hier oor hul banke stoot

VEREENIGING - Gerugte dat dit reeds in Drie Riviere oorstroom het en sekere paaie onder water is, is onwaar. Maar die Kliprivier se watervlak is hoog en het reeds oor die rivierbank gestoot.

As gevolg van die vinnige toename in invloei na die Vaaldam, is ‘n vyfde sluishek gisteroggend (6 April) om 10:00 oopgemaak om watervlakke te bestuur (wat oornag gestyg het as gevolg van die voortdurende reënval in die Vaalrivier-opvanggebied).

Dit is ongeveer 24 uur nadat die Departement van Water en Sanitasie ‘n vierde sluishek by die Vaaldam oopgemaak het.

Inwoners langs die Vaalrivier is reeds deur die departement gewaarsku om voorsorg te tref aangesien oorstromings in sekere gebiede verwag word.

By die Barrage het dit reeds oorstroom en hoewel daar gerugte was dat dit ook reeds in Drie Riviere oorstroom het, was dit egter onwaar.

Vaalweekblad was vandag by die Kliprivier in Drie Riviere en Stonehaven in Vanderbijlpark (area waar dit altyd oorstroom as die sluise by Vaaldam oopgemaak word).

Die watervlak van die Kliprivier in Drie Riviere is wel hoog en het reeds oor die rivierbank gestoot, maar die water is huidiglik nog ver van die paaie af.

In Vanderbijlpark by Stonehaven was die sterk vloed van die Vaalrivier duidelik sigbaar. Ook hier het die rivier op plekke oor die rivierbank gestoot en was van die jetties onder water.

Vaalweekblad hou die situasie dop en sal ons lesers op hoogte hou.

 

Die Vereeniging Brandweer was ook Maandag in Drie Riviere om die watervlakke te monitor, soos hier by die oorgangsbrug in Golfweg. Foto’s: Elsje Vermeulen
Stasie-offisier Chris Aucamp van die Vereeniging Brandweer besig om foto’s te neem en die riviervlak te monitor.
Vosloopark in Drie Riviere, was ook baie gewild sedert die naweek , soos inwoners self ondersoek gaan instel en foto’s geneem het van die rivier.
Die jetties by Stonehaven is reeds onder water.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button