Valia se Vaskappers
VANDERBIJLPARK - "Ek is lief vir hengel. Toe 'n paar van die seuns vir my sê daar is 'n behoefte aan 'n sosiale hengelgroep, het ek dadelik werk daarvan gemaak."
So vertel Poena van Dyk oor die Valia Vaskappers.
“Dit is nie vir kompetisie-hengel nie, slegs sosiaal. Die ouers bring en gaan haal weer die kinders na elke uitstappie.”
Maar daar word wel spesiale moeite gedoen en die groep spog met hul eie hemde.
Meer as 70 leerlinge stel belang in die sosiale geleentheid.
Die Valia Vaskappers se junior seuns het onlangs ‘n lyntjie gaan natmaak.

Hoewel dit moeilike hengeltoestande was weens die sterk stroom van die vol rivier, het die manne goed onder die geelvis baljaar … maar die vangste is weer veilig vrygelaat.
“Daar was lekke gelag, raad gegee, aas uitgeruil en groot visvang stories gepraat oor grotes wat weggekom het,” vertel Poena van Dyk, die organiseerder van die groep.
“Dankie aan elke ouer wat die leerlinge gebring en kom haal het, asook groot dank aan Corrie van Nonyana vir die oord se gebruik,” sê Poena.
Daar was ook aan die einde van die dag ‘n gelukkige trekking, ‘n geskenkbewys van R250 van Zaks Fishing.


